UP-wapenskildverandering

UP is ’n universiteit met ’n trotse, ryke geskiedenis. Ons sê nee vir veranderinge aan dié universiteit se wapenskild.

  • Die UP-bestuur oorweeg dit om die UP-wapenskild vir kommunikasie-en-bemarkingsredes te verander. Hulle wil nou bepaal of die bestaande wapenskild steeds die waardes en strewes van die UP-gemeenskap teenwoordig – en ons sê JA!
  • Sou hulle die UP-wapenskild vir bemarkingsredes verander, is daar niks wat hulle dan keer om al die ander handelsmerke en gebouename te transformeer en verander nie. Die UP gaan binnekort ’n identiteitlose instelling sonder trots wees.
  • Dit is nóg ’n wyse waarop die UP-bestuur geld op onnodige veranderings bestee in plaas daarvan om dié geld in studenteontwikkeling te investeer.
  • Die aangehegte brosjure vertel jou meer oor die wapenskild en die waardes daarvan.

Deur dié petisie te onderteken, beaam jy as student, toekomstige student, ouer, alumnus en/of UP-personeellid dat jy die veranderinge aan die wapenskild teenstaan en eis dat die wapenskild behoue bly!

"*" indicates required fields

Naam en van*
Hiermee eis ek dat die EFF Student Command van Tuks (EFFSC UP) as studentevereniging gederegistreer word en dat daar deur die universiteit teen die skuldige studente opgetree word.