Vanderbijlpark-tak se jeuglede knap gemeenskapspark op

Die jeugvleuel van AfriForum se Vanderbijlpark-tak het die afgelope naweek ’n park tydens ’n skoonmaakaksie opgeknap en na afloop daarvan ’n heerlike fliekaand geniet.

Die jeuglede het saam met talle besorgde inwoners op 29 Junie 2019 ’n gemeenskapspark getakel en skoongemaak. Tydens dié aksie is ’n aantal buitebande in die parkie ook nuut oorgeverf. Die skoon park is met ’n fliekaand gevier om die gemeenskap vir hul betrokkenheid en harde werk te bedank.

“Hierdie is een van vele inisiatiewe wat Vanderbijlpark se jeug wil aanpak. AfriForum moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak by hierdie innoverende aksies,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Wes-Rand.

Indien jy by AfriForum se Vanderbijlpark-tak wil aansluit, stuur ’n e-pos na afriforumvdb@gmail.com of ’n SMS na 072 908 1345.