V-vir-Vryheid

V vir Vryheid

[et_pb_section fb_built=”1″ _builder_version=”3.22″ hover_enabled=”0″][et_pb_row _builder_version=”3.25″ background_size=”initial” background_position=”top_left” background_repeat=”repeat” hover_enabled=”0″][et_pb_column type=”4_4″ _builder_version=”3.25″ custom_padding=”|||” custom_padding__hover=”|||”][et_pb_text _builder_version=”4.4.2″ background_size=”initial” background_position=”top_left” background_repeat=”repeat” hover_enabled=”0″]

Deur hierdie vorm in te vul, voeg jy jou naam by hierdie Vryheidsmanifes.

Toets

Agtergrond 

Die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria het bevind dat opperheerser Nkosazana Dlamini-Zuma haar bevelsraad se verregaande COVID-19-voorskrifte moet hersien. AfriForum Jeug se V vir Vryheid-veldtog is daarop gemik om met vreedsame en veilige verset druk op die NDZ-regime te plaas om burgers se vryheid en regte eerste te stel in die opstel van nuwe regulasies.

AfriForum Jeug se Vryheidsmanifes

AfriForum Jeug se “antirevolusionêre magte”, soos wat daardie hooggeagte opperheerser Nkosazana Dlamini-Zuma ons noem, eis nou vryheid op deur vreedsame en veilige verset te toon teen verregaande voorskrifte van die verdrukkende veiligheidstelsel van die NDZ-regime en haar diktatoriale Opperbevelsraad.

Ons as “vryheidsvegters” van AfriForum Jeug se eise is billik. Ons wil vry wees van die verdrukkende bevele van die Opperbevelsraad en wil self kan besluit oor sake wat ons direk raak. Ons is nie onderdane nie, maar volwasse burgers met selfrespek. Ons gaan nie langer toelaat dat die NDZ-regime aan ons voorskryf wanneer ons plakkies, T-hemde en dasse mag koop nie. Ons handhaaf gesonde gedrag, maar kies ons eie kleredrag.

Ons wil self besluit wanneer ons mag oefen, selfs ná 18:00, wanneer ’n mens onfiksheid die maklikste kan kafdraf. En die ongesondes onder ons wil self besluit of ons “bose” dade soos om te rook wil pleeg. Ons het nie ’n bang haar op ons kop nie, want ons sny selfs hare met inagneming van gesonde veiligheidsmaatsreëls uit verset teen die regime.

Ons verset ons daarteen dat die Opperbevelsraad se veiligheidstelsel ons wat nie boewe is nie, teister en boelie, terwyl die werklike skurke hulle moord- en rooftogte voortsit.

Ons dra maskers, was hande en handhaaf fisieke afstand, nie omdat die opperheerser NDZ en haar adjunk-opperheerser Cyril Ramaphosa so sê nie, maar omdat dit die regte ding is om te doen.

Ons voorgeslagte het met jare lange deursettingsvermoë daarin geslaag om die juk van die imperialistiese Britse koloniale regime af te skud. Ons kan dit weer doen deur van die NDZ-regime se Opperbevelsraad se verregaande voorskrifte ontslae te raak.

’n Oproep

Almal word opgeroep om in die gees van vreedsame verset teen die regime saam met ons veilig en vreedsaam te veg vir vryheid en teen verregaande voorskrifte van NDZ en haar Opperbevelsraad.

Doen dit deur –
• jou naam by hierdie Vryheidsmanifes te voeg;
• ons op sosiale media te volg;
• ons vraelyste in te vul;
• gereeld die V-teken met jou hand te wys (wys asb. jou palm na buite, ons is nie vloekertjies nie); en
• die V-teken op jou heining te plaas.

En net as jy uit eie beweging besluit om dit te doen, kan jy humoristiese video’s maak wat wys hoe jy veilig en vreedsaam verset aanteken teen verregaande voorskrifte.

V vir Vryheid in ons leeftyd!

[/et_pb_text][/et_pb_column][/et_pb_row][/et_pb_section][et_pb_section fb_built=”1″ fullwidth=”on” _builder_version=”4.4.2″][et_pb_fullwidth_image src=”https://www.afriforumjeug.co.za/wp-content/uploads/2020/06/V-vir-Vryheid-Footer.jpg” _builder_version=”4.4.2″][/et_pb_fullwidth_image][/et_pb_section]