Swart Maandag

 

AfriForum Jeug moedig alle lede aan om Maandag, 30 Oktober 2017 swart aan te trek om te wys dat ons saam met die families van plaasmoordslagoffers rou. Hierdie mense kan nie vergeet word nie en ons wil graag op hierdie manier ’n dag lank wy aan die slagoffers en families dink – julle is nie alleen nie!

Ons antwoord vandag op die boer wat vanoggend gevra het dat ons almal Maandag moet swart aantrek. Ons antwoord op Hendré Papanfus se versoek om ’n groot saamtrek te hou wat binnekort sal volg. En ons antwoord op Gawie Stols – ons gee om!

Ons as die jeug van hierdie land neem nou standpunt in. Ons toekoms is hier en ons sal voortbou op dit wat aan ons nagelaat word.

Versprei die boodskap. Plaas jou foto’s op sosiale media en gebruik #SwartMaandag en #OnsRou.

Ons wil ook ons boere maan om op hul plase en landelike gebiede waaksaam te wees.