Spanpoging trek pepersproeiers op Kovsies vas

AfriForum Jeug se Kovsies-tak het vandag in samewerking met lede van dié burgerregte-organisasie, twee mansstudente aangekeer wat pepersproei gespuit het in ‘n klas by die Universiteit van die Vrystaat (UV). Die klas moes as gevolg hiervan ontruim het.

Volgens Michelle Peens, voorsitter van AfriForum se Kovsies-tak, het die een man volgens ooggetuies, ’n ANC t-hemp aangehad. AfriForum Jeug het voortgegaan om ’n klag teen die mans by die polisie in te dien.

“Deur middel van goeie kommunikasie en platforms soos AfriForum Jeug, kan studente insidente soos hierdie aanmeld en kan dit effektief aangespreek word. Ons wil dit verder duidelik maak dat daar opgetree sal word teen enige student wat geweld op kampus pleeg en of aanhits,” sê Peens.

V.l.n.r. Carina Nagel besig om klag te lê m.b.v. Chantelle du Preez van AfriForum Jeug se Kovsies-tak