Maties

Wil jy by AfriForum Jeug se Maties-kampusstrukture betrokke raak?

Suksesse

Lees hier hoe ons op jou kampus aan die werk is.

AfriForum Jeug besoek inwoners van Geluksoord

AfriForum Jeug se Maties-tak het op 2 Mei 2019 besluit om aan die gemeenskap terug te gee deur die Geluksoord-tehuis vir verswakte bejaardes te besoek. Die tehuis se finansiële posisie is nie die uitdaging nie, maar wel die menslike aspek. Die meeste van die pasiënte...

AfriForum Youth’s Maties branch cleans Jan Marais Nature Reserve

On 2 August 2018 AfriForum Youth’s Maties branch cleaned up the Jan Marais Nature Reserve at the University of Stellenbosch (US) and did general maintenance work to create a healthy and safe environment for students. The Jan Marais Nature Reserve celebrates its 103rd...

AfriForum Jeug se Maties-tak hou selfverdedigingwerkswinkel

AfriForum Jeug se Maties-tak het op 22 Augustus 2019 ’n selfverdedigingwerkswinkel gehou. C.O.B.R.A. Self Defense het dié werkswinkel vir die studente aangebied. “AfriForum Jeug beskou die studente se veiligheid as ons eerste prioriteit. Verskeie studente was oor die...

Wat kan ons vir jou doen?

  1. Ons bied vir jou opleidingsgeleenthede wat jy op jou CV kan lys.
  2. Ons verseker jou veiligheid op kampus. Tydens protesoptredes hou ons die universiteitsbestuur aanspreeklik en kan ons vinnig ons lede van kampus af ontruim. Boonop bied ons ook selfverdedigingsopleiding aan.
  3. Ons veg vir die behoud van ’n gesonde studentelewe. Daarom nooi ons al ons lede na ons sosiale aksies, byvoorbeeld pot-en-pons- en beerpongaande wat onder meer deur die tak gereël word. Ons bied ook ons eie soort intervarsity aan: Boerspitus.
  4. Ons staan op teen onregverdige diskriminasie in jou klasse en algeheel op kampus. Ons lede kan dus hul probleme onder ons aandag bring, en ons kyk hoe ons dié lede kan verteenwoordig. Akademiese of koshuisprobleme kan ook onder ons aandag gebring word.
  5. Enige veranderings in universiteitsbeleide wat ons lede nadelig raak, sal beveg word aangesien ons as spreekbuis optree vir ons lede.
  6. Ons bied verskeie geleenthede vir staptoere en persoonlik ontwikkeling.
  7. Ons bied jou ’n veilige plek waar studente self standpunt kan inneem en vir hulself ’n toekoms kan bou.

Ons het jou insette nodig om te verseker dat dinge so reg moontlik kan loop. Weet jy van iets waarvan ons dalk nie weet nie? Vertel ons asseblief daarvan!

Juandre de Bruyn

Juandre de Bruyn

Jou Maties-takvoorsitter

082 483 1914

Maties-tak

Alle velde wat met ’n * gemerk is, is verpligtend.
  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!