Jeugontwikkeling

Jeugontwikkeling:

Die bevordering van ’n kultuur van leierskap onder jongmense is een van AfriForum Jeug se hooffokusareas. Die doel is nie net om leierskap te kweek nie, maar ook om die Christelike demokratiese denkraamwerk en die beginsel van kulturele vryheid aan jongmense bekend te stel.

Opleiding onder die jeug gaan in drie sfere plaasvind, naamlik takbestuursopleiding, openbare kitsopleidingsessies en ’n opleidingstoer.

Takbestuursopleiding:

Takbestuursopleiding vind plaas in die vorm van ’n interkampus-opleidingskamp wat aan die begin van elke jaar gereël word. AfriForum Jeug se uitvoerende bestuur, landswye takbestuurslede en lede wat op portefeuljekomitees dien, woon die kamp by. Die opleiding fokus op die bestuur van spesifieke portefeuljes, woordvoerdervaardighede, AfriForum Jeug se nasionale strategie en beplanning ten opsigte van veldtogte, ledewerwing en fondsinsamelings.

Kitsopleidingsessies:

Kitsopleidingsessies is informele opleiding waar sprekers binne ’n beperkte tyd ’n konsep verduidelik. Die elemente wat gedek word, is onder meer leierskap, waardes, geskiedenis, erfenis, kulturele vryheid en ook vaardighede soos onderhandelings- en debatvoeringsvaardighede. AfriForum Jeug neem elke drie maande nuwe jongmense in die program op.

Opleidingstoer

Die opleidingstoer behels ’n begeleide toer na verskeie museums, erfenisgebiede en geskiedkundige besienswaardighede regoor Suid-Afrika. Die toer poog om jongmense bloot te stel aan die betekenis van kulturele vryheid en die waarde van Afrikanergeskiedenis. Die opleidingstoer vind in September plaas.

Raak meer betrokke, e-pos jou besonderhede na jeug@afriforum.co.za