AfriForum Jeug bied jaarliks drie leierskap-en-geskiedenisstaptoere aan. Die doel van dié toere is om sowel lede as nielede deur ervaringsleer aan ons geskiedenis bloot te stel. Dit bied ook aan avontuurlustige persone die geleentheid om by AfriForum Jeug betrokke te raak en te verstaan waarom dit belangrik is om ’n verskil te maak.
Die Wesfrontvasbyt se tema is die Anglo-Boereoorlog wat vanaf 1899–1902 geduur het. Ons toer spesifiek na gebiede waar veldslae onder leiding van genls. De la Rey, De Wet en Cronjé plaasgevind is. Dit verskil van die Rebelspoorvasbyt omdat ons met dié toer van slagveld tot slagveld en stelling tot stelling stap om dit met aandag te verken.
Kom leer hoe ons generaals planne moes maak.
Datum: 23 tot 27 September 2020
Begin- en eindpunt: Bloemfontein
Koste: R500 per persoon (15%-korting vir AfriForum Jeug-lede)
Die koste sluit die volgende in:
- Verblyf
- Koffie en beskuit
- Aandetes
- ‘n Toergids
- ’n Aandenking
Hoogtepunte waarna jy kan uitsien:
- Koppies klim
- Deursoek slagvelde vir ou koeëls & skrapnel
- Besoek ’n bekende verlate plaashuis
- Kuier saam met boeregemeenskap
Toergids: Dr. Louis Bothma
Kontak Marike Labuschagne by 081 217 0008 as jy enige vrae het.