Pioniersvasbyt

Ons galery

Dit is ons gallery. Kyk daarna.

AfriForum Jeug bied jaarliks drie leierskap-en-geskiedenisstaptoere aan. Die doel van dié toere is om sowel lede as nielede deur ervaringsleer aan ons geskiedenis bloot te stel. Dit bied ook aan avontuurlustige persone die geleentheid om by AfriForum Jeug betrokke te raak en te verstaan waarom dit belangrik is om ’n verskil te maak.

Die Pioniervasbyt fokus op die Groot Trek en verskeie slagvelde waar Voortrekkers in die Eerste Anglo-Boereoorlog geveg het. Dié toere word deur dr. Louis Bothma aangebied.

Datum: 27 Februarie tot 1 Maart 2020
Begin- en eindpunt: Pretoria
Koste: R800 per persoon (15%-korting vir AfriForum Jeug-lede), wat insluit:

  • Vervoer vanaf en terug na Pretoria
  • Verblyf
  • Aandetes
  • Alle toegangsfooie
  • Majuba-feesvieringe
  • ’n Aandenking

Hoogtepunte waarna jy kan uitsien:

  • Slaap in bronswaens by Bloedrivier.
  • Herdenk 120 jaar sedert die Slag van Spioenkop.
  • Neem deel aan Majuba-feesvieringe soos bergklim en cantus.
  • Besoek Kerkenberg en die Kaalvoetvrou.

Stuur jou bewys van betaling na marike.labuschagne@afriforum.co.za.

Skakel Marike Labuschagne by 081 217 0008 as jy enige vrae het.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!