Jeug Kongres 2024 Ontwerpe-05
| DeurAfriForum

Jeugkongres

Geagte Takbestuurslid

Dit is ’n voorreg om jou as deel van die span te hê. Dit is dus die rede hoekom ons jou so graag wil uitnooi na ons jaarlikse jeugkongres. Kry jouself gereed vir ’n buitengewone jeug-kongres – ’n lekker leerskool vol pret en ontspanning! Ontwikkel jou bestuursvaardighede, slyp jou woordvoerdervaardighede en ontdek die geheime van AfriForum Jeug se nasionale strategie, terwyl ons lekker kuier en ’n impak maak. Kom sluit aan, leer en hê ’n jol saam met ons.

Datum en tyd:Donderdag 1 Februarie om 12:00 tot Sondagoggend 4 Februarie 2024 net ná ontbyt
Plek:Udolpho Rivierplaas (Parys, Vrystaat)
Koste:R3 000 elk (die tak dek die kostes vir dorpstaklede)
Verblyf:Slaapsale/chalets – jy hoef geen beddegoed saam te bring nie.
Etes:Drie etes per dag ingesluit. (Daar sal ook ’n snoepie beskikbaar wees.)
Vervoer:Kostes word verhaal van AfriForum Jeug se nasionale begroting óf van dorpstakke se begrotings (sien hierbo). As jy baie ver bly, gaan jy waarskynlik moet vlieg. Alle vervoerreëlings sal ná die RSVP-datum getref word. Ons sal reël vir saamrygeleenthede waar dit moontlik is, daarom is dit baie belangrik om jou bywoning betyds te bevestig.
Benodigdhede:Gemaklike klere, deftig-informele drag vir Saterdagaand, swemklere en handdoeke vir stort en swem

Waarom moet jy dié kongres bywoon?

Kom geniet ’n naweek vol van Afrikanerpret!

Ons bied vir jou ’n geleentheid om nie net jouself beter te leer ken nie, maar om jouself te bemagtig om die beste moontlik bestuurder te wees vir jou tak. Die doel van die jeugkongres is om die verskillende jeugtakbesture te ontmoet, behoeftes te bepaal en opleiding aan takstrukture te bied. Jy gaan met soveel meer kennis wegstap wat jou nie net gaan help om jouself te bemagtig nie, maar om jou gemeenskappe ook te bemagtig met vaardighede wat hulle lewens kan verander.

Ons sal ook AfriForum Jeug se strategie vir die komende jaar bespreek, asook aksies wat daaruit voortspruit. Jy gaan ook ’n kans gegun word om te leer hoe ander takke aksies aanpak en hoe hulle hul takke bestuur. Die takbesture sal met die nodige vaardighede toegerus word om hierdie aksies aan te pak, onder meer portefeuljeverantwoordelikhede, projekbeplanning, sosialemedia- en standpuntopleiding. Soos enige AfriForum Jeug-byeenkoms is daar natuurlik ook ’n sosiale kant waar ons mekaar kan leer ken en lekker saam kan kuier.

Die naweek word Sondagoggend op ’n hoë noot met ’n prysuitdeling afgesluit.

Hou asseblief by die RSVP-datum van 10 Januarie 2024. Ons gaan kostes aan vir besprekings vir verblyf, etes en sprekers. Maak dus seker dat jy wel 1  tot 4 Februarie 2024 beskikbaar is voordat jy jou bywoning bevestig.

Kom ons skop die jaar op ’n hoogtepunt af!

Bevestig asseblief jou bywoning teen nie later nie as 10 Januarie 2024 deur die stappe hier onder te volg.

Neem asseblief kennis van die volgende voordat jy voortgaan:

  • Indien jy nie kan bywoon nie, kies die “Ek gaan nie bywoon nie.”-opsie hier onder.
  • Indien jy iemand in jou plek wil nomineer, kies steeds die “Ek gaan nie bywoon nie.”-opsie hier onder en volg die stappe.
  • Ongelukkig kan geen kinders of gades toegelaat word nie.
  • Reis- en verblyfreëlings (buiten tydens die kongres) word waar nodig self getref binne die normale riglyne en in oorleg met jou jeugkoördineerder.
  • Verblyf is in deeleenhede en jy sal dus ’n slaapplek met ander mense deel.

Bespreek nou