Internskap

Ons galery

Dit is ons gallery. Kyk daarna.

Wanneer: 24 Junie tot 4 Julie 2020
Waar: AfriForum-hoofkantoor, Centurion

AfriForum Jeug se takbestuurlede kan elke jaar aansoek doen om ’n 10-dag-lange internskap in die Junie-/Julie-vakansie by AfriForum te voltooi. Die doel van dié internskap is tweeledig: 1) Om ons takbestuurlede toe te rus om hul takke beter te bestuur, en 2) om dié lede ’n voorsprong te gee indien hul sou beplan om ’n loopbaan by AfriForum te begin.

In ’n neutedop behels die internskap:

  • Die uitvoer van aksies wat met AfriForum verband hou;
  • takbesoeke saam met provinsiale koördineerders;
  • projekbeplanning;
  • gesprekke oor tersaaklike kwessies;
  • skaduwerk in die verskillende AfriForum-afdelings;
  • persoonlike ontwikkeling;
  • erfenisbewaring; en
  • aandgeleenthede soos cantus, braaivleisparlement en ander sosiale funksies.

Aan die einde van die program kan een of twee interns aangewys word om ’n jaarlange internskap by AfriForum te voltooi.

Stuur asseblief ’n Afrikaanse weergawe van jou CV na jeug@afriforum.co.za indien jy belang stel.

AfriForum Jeug-takbestuurlede geniet voorkeur. Raak sommer nou betrokke.

#VinnigeFeit: Uit elke jaargroep is daar een of twee interns wat ná afloop van die program by AfriForum of die breër Solidariteit Beweging werk kry.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!