Boerspitus is so oorspronklik soos die naam klink: Dit is ’n kombinasie van boeresport, spitbraai en cantus. Dié tradisie, wat die geleentheid skep vir studente en jongmense van regoor die land om jaarliks bymekaar te kom, is in April 2016 deur AfriForum Jeug se Kovsies-tak geskep. Die idee spruit uit die afskaffing van “intervarsity” – ’n tradisie wat ná meer as 70 jaar deur die universiteitsbestuur van die Noordwes Universiteit se Potchefstroom-kampus en die Universiteit van die Vrystaat afgeskaf is.
Boerspitus is ’n geleentheid om fees te vier in Afrikaans en te kuier in jou kultuur! Daar is twee kategorieë waarin mens as ‘n span kan deelneem:
- Tersiêre instellings (universiteite, koshuise of kolleges); en
- Dorpe en/of stede.
Jy kan Boerspitus natuurlik ook as toeskouer bywoon.
Vanjaar se naweekprogram verloop soos volg:
Vrydag 9 Oktober:
19:30 vir 20:00 – Cantus
Saterdag 10 Oktober:
09:00 – Boeresport
13:00 – Rivierdryf
17:00 – Spitbraai
19:00 – Prysuitdeling en kunstenaarsoptrede
Sondag 11 Oktober:
08:00 – Busse vertrek terug
Kostes
Daar is verskillende naweekpakkette om jou sak te pas. Klik hier vir meer inligting en om in te skryf.
Koop jou kaartjie hier.
Vorige jare se pret
Kyk ook na die hoogtepunte van die naweek hier.
Klik hier vir meer inligting en om in te skryf.