AfriForum Jeug maak ’n verskil in Nelspruit

Written by AfriForum Jeug

On 08/10/2019

Die jeugvleuel van AfriForum se Nelspruit-tak het op 23 Februarie 2019 ’n skoonmaakaksie geloods toe dié vleuel met die eerste van ’n reeks opgraderings by Pro Gratia-skool begin het. Die jeugvleuel beplan om op 9 Maart 2019 verdere werk by die skool te verrig.
Indien enigiemand betrokke wil raak, kan hulle gerus vir Hennie Bekker by hennie.bekker@afriforum.co.za ’n e-pos stuur.

“Ons het eers begin met die opknapping van verskeie stoepe by die skool. Verder het ons ook begin met die verbetering van die terrein. Dit was lekker om iets vir die skool te kon doen,” sê Arno du Preez, jeugbeampte van die AfriForum-tak in Nelspruit.

Raak vandag nog by dié tak se jeug betrokke en help om ’n verskil te maak: Stuur ’n e-pos na bernard.pieters@afriforum.co.za of SMS “Nelspruit” na 32687 (R1).

You May Also Like…

AfriForum Jeug maak hande vuil om Margate se strand skoon te hou

Die jeugvleuel van AfriForum se Margate-tak het op 23 Februarie 2019 ’n skoonmaakaksie gehou. Vrywilligers het douvoordag opgestaan om die strand in Margate skoon te maak en sakke vol rommel is verwyder. Na afloop hiervan het die jeug ook na inwoners van “Tent City”,...

AfriForum Jeug maak ’n verskil in Bloemfontein-dierelewens

Die verskillende jeugvleuels van die verskeie AfriForum-takke in Bloemfontein het in Februarie saam met AfriForum Jeug se Kovsies-tak opknappingswerk by die Bloemfonteinse Dierebeskermings­vereniging (DBV) gaan verrig. Die jeug het help skoonmaak en verf waar nodig en...

AfriForum Jeug in Kempton Park loods uilhuisprojek

AfriForum Jeug se Kempton Park-tak het op 8 Maart 2019 as deel van die jeugorganisasie se 2019-projekte ’n volhoubare uilhuisprojek van stapel gestuur. Dít volg nadat die jeug die behoefte aan uilhuisies geïdentifiseer het aangesien Kempton Park ’n groot aantal uile...

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!