AfriForum Jeug maak ’n verskil in Bloemfontein-dierelewens

Die verskillende jeugvleuels van die verskeie AfriForum-takke in Bloemfontein het in Februarie saam met AfriForum Jeug se Kovsies-tak opknappingswerk by die Bloemfonteinse Dierebeskermings­vereniging (DBV) gaan verrig.
Die jeug het help skoonmaak en verf waar nodig en beplan om binnekort nóg soortgelyke aksies aan te pak. Mense wat belang stel om aan hierdie aksies deel te neem, kan vir Bernard Pieters ’n e-pos stuur by bernard.pieters@afriforum.co.za.

“Dit was lekker om ook iets vir die diere te doen. Die DBV doen goeie werk, soms onder uiters moeilike omstandighede, en ons wou poog om hul taak effens te verlig,” sê Marchelle Malan, voorsitter van AfriForum Jeug se Kovsies-tak.

Raak vandag nog by dié takke se jeug betrokke en help om ’n verskil te maak: Stuur ’n e-pos aan bernard.pieters@afriforum.co.za of SMS “Bloemfontein” na 32687 (R1).