AfriForum en AfriForum Jeug hou skoonmaakaksie in Meyerspark

AfriForum en AfriForum Jeug het kragte saamgespan en op Woensdag 26 Junie 2019 ’n skoonmaakaksie op die gronde voor Bakgat Slaghuis in Meyerspark geloods.

Dié aksie het tydens AfriForum se internskapweek plaasgevind: Studente van oor die land bestee tyd by AfriForum om te leer wat die organisasie op takvlak doen. Die Jeug-span het ook ’n kans gekry om self te help skoonmaak.

Volgens Drienie Bester, een van die interns, was dit ’n suksesvolle aksie. “Dit is lekker om te sien dat dit wat ons doen só ’n groot verskil kan maak – al voel dit klein.”
Die Jeug-span het met oorgawe deelgeneem en volgens Chanè Venter, ’n ander intern, was dit indrukwekkend om te sien hoe vele hande werklik ligte werk maak. “Ons kan sien hoe goeie spanwerk daartoe bydra dat die werk wat gedoen moet word makliker, vinniger en lekkerder gemaak word.”

AfriForum moedig die gemeenskap aan om by die organisasie betrokke te raak en deel van die verskil te word: SMS jou naam na 45341(R1).