Brande by Onderstepoort gestig; AfriForum Jeug ontbied nooddienste

AfriForum Jeug het vanoggend nooddienste ontbied nadat voerstore en dierekampe by die Universiteit van Pretoria (UP) se fakulteit veeartsenykunde by Onderstepoort aan die brand gesteek is. Dié brande is vermoedelik deur stakers van die Nehawu-vakbond gestig.

Volgens Julius Landman, AfriForum Jeug se Tuks-koördineerder, is dit nog onduidelik wat die omvang van die skade is. Geen beserings is aangemeld nie en studente het vinnig ingegryp om die brande te help blus.  UP kon glo nie self die nooddienste ontbied nie omdat daar probleme met hul tweerigtingradio’s was. AfriForum Jeug is toe gekontak om in te gryp.

“Beter veiligheidsmaatreëls sal deur UP se bestuur oorweeg en ingestel moet word. Studente se veiligheid moet ten alle tye eerste prioriteit wees,” sê Landman.