Jeug-veldtog-banner

AfriForum Jeug veg in hof vir behoud van Afrikaans op Kovsies

Jeug-veldtog-banner

Die Universiteit van Vrystaat se regspan erken dat die besluit op ’n nuwe taalbeleid wat Afrikaans as medium van onderrig aan die instelling uitrangeer, nie weens finansiële redes geneem is nie, maar omdat Afrikaans volgens hulle tot segregasie lei.

Geen reg kan bevorder word deur ’n ander reg weg te neem nie. Die Universiteit van Vrystaat bied parallelmedium-onderrig aan en geen student word van ’n studiegeleentheid ontneem omdat ʼn ander student se reg tot Afrikaanse moedertaalonderrig gerespekteer word nie.

AfriForum Jeug dryf ʼn petisie vir die behoud van Afrikaans op Kovsies. As moedertaalonderrig jou of jou naastes na aan die hart lê laat jou stem hoor.

Teken die petisie hieronder en help AfriForum Jeug om Afrikaans op Kovsies te red!
Versprei asb. die petisie en moedig vriende en familie aan om dit ook te teken.