AfriForum Jeug se Secunda Teks-tak verbeter sigbaarheid van padtekens in Evander

AfriForum Jeug se Secunda Teks-tak het op Saterdag 16 Maart 2019 die onsigbare padtekens in Evander voor Laerskool Hoëvelder oorgeverf om dit veiliger vir skoolleerders en padgebruikers te maak.

Die tak het die oggend by Laerskool Hoëvelder in Evander bymekaar gekom om die projek af te skop. Gemeenskapslede het kort daarna kom hand bysit om die pad veiliger te maak.

“Padveiligheid is baie belangrik vir die gemeenskap, asook die sigbaarheid van padtekens,” sê Ricardo Jonker, Secunda Jeug-voorsitter.