AfriForum Jeug se Kempton Park-tak maak skoon

Die AfriForum Jeug-tak in Kempton Park het op 27 Februarie 2021 by die Elgin-brug rommel opgetel, bossies uitgetrek en die omgewing netjies gemaak.

Dié tak het besluit om die brug skoon te maak aangesien baie motoriste daagliks onderdeur die brug werk toe en terug ry en die brug baie onversorg begin lyk het. Daar word beoog om vandeesweek onkruiddoder te spuit sodat die bossies nie vinnig weer teruggroei nie.

“Terwyl ons besig was om skoon te maak, het lede van die publiek ook kom help” sê René Reichel, voorsitter van AfriForum Jeug se Kempton Park-tak.

John Steele, ’n inwoner van Birchleigh, het die tak sien werskaf en het sy hulp aangebied om die plek skoon te kry. “My ouma het my van kleintyd af geleer dat wanneer jy mense sien werk of bou aan die gemeenskap, moet jy gaan help. As ’n lid van die gemeenskap kan jy nie net verbystap en niks doen om te help nie,” sê Steele.

Raak vandag nog by AfriForum Jeug se strukture in jou gemeenskap betrokke en help om ’n daadwerklike verskil te maak. Stuur ’n e-pos na petri.vanderwalt@afriforum.co.za of SMS “jeug” na 32687 (R1).

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Uitspraak voorbehou in AfriForum Jeug se saak teen NSFAS

Uitspraak voorbehou in AfriForum Jeug se saak teen NSFAS

AfriForum Jeug se saak teen die Nasionale Skema vir Finansiële Bystand vir Studente (NSFAS) is gister (14 April 2021) in die Wes-Kaapse Hooggeregshof in Kaapstad aangehoor. NSFAS het in 2020 sowat 5 000 studente se befondsing summier gekanselleer, en 132 van hierdie...

Dankie vir jou geld, just leave your Afrikaans in the kitchen

Dankie vir jou geld, just leave your Afrikaans in the kitchen

AfriForum Jeug neem kennis van die gruweldade teen minderhede wat hul van hul taal, kultuur en menslikheid ontneem. Studente sê nou dat hulle hul oriëntasie in vrees moes bywoon terwyl die Universiteit van Stellenbosch (US) se bestuur in stilte toegekyk het. AfriForum...

Trau-Matiese gevolge van Transformanie

Trau-Matiese gevolge van Transformanie

Met die Universiteit Stellenbosch se besluit om die gebruik van ’n minderheid se moedertaal te beperk, wonder ’n mens watter vryheid volgende verbied of beperk gaan word. Ek meen, hoe anders raak jy meer inklusief as deur meer dinge te verbied, dis mos logies, nè? Die...

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!