AfriForum Jeug plant bome vir ’n groener toekoms

Written by AfriForum Jeug

On 06/09/2019

AfriForum Jeug se Bloemfontein- en Kovsies-tak het op 31 Augustus 2019 bome in die Gardeniapark geplant.

AfriForum fokus jaarliks op sowel ’n boomspesie wat algemeen voorkom as ’n skaars boomspesie. Die algemene boom vir 2019 is die maroela (Sclerocarya birrea), terwyl die skaars boom die appelblaar (Philenoptera violacea) is. AfriForum moedig egter sy lede aan om inheemse bome te plant wat in hul omgewings aard. Die jeug in Bloemfontein het daarom besluit om olienhoute (Olea europaea, subs. africana), riviervaderlandswilge (Combretum erythrophyllum)  en verskeie vetplante te plant.

Boomplantmaand bied die perfekte geleentheid om ’n blywende verskil in ons gemeenskappe te maak. Bome het egter deurlopende sorg nodig om tot voordeel van almal te floreer.

“Die jeug is die toekoms van ons land. Ons het ’n verantwoordelikheid teenoor ons omgewing en moet onderneem om aan ons toekoms te bou,” sê Petri van der Walt, voorsitter van AfriForum Jeug se Bloemfontein- en Kovsies-tak.

Raak vandag nog by dié takke se jeugstrukture betrokke en help om ’n verskil te maak: SMS die woord “Bloemfontein” of “Kovsies” (vir studente) na 32687 (R1 per SMS).

Jy sal ook dalk hiervan hou…

AfriForum Jeug vier Afrikaans se 94ste ‘verjaarsdag’

Afrikaans het op Woensdag 8 Mei 2019 sy 94ste bestaansjaar as erkende landstaal gevier. AfriForum Jeug se kampustakke het hierdie mylpaal op Donderdag 9 Mei 2019 saam met die studente gevier. Hierdie viering het plaasgevind op die kampusse van Kaapse...

Rassekwotas sluit o. 12-atleet uit span – AfriForum Jeug staan by

AfriForum Jeug staan tans ’n o. 12-atleet uit die Oos-Kaap by nadat dié skolier nie in die Oostelike Provinsie Atletiekspan vir die komende naweek se nasionale byeenkoms in Germiston ingesluit is nie. Die betrokke atleet het tweede in sy item geëindig, maar is op die...

AfriForum Jeug verwelkom onttrekking van rassekwotas

AfriForum Jeug verwelkom die aankondiging deur die Suid-Afrikaanse Skoleatletiek (SASA) dat dié organisasie nie meer die rassekwotabeleid wat dit op 25 Februarie vanjaar gepubliseer het, gaan toepas nie. Dit volg nadat AfriForum Jeug vroeër die maand sy regspan opdrag...

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!