AfriForum Jeug in Middelburg hou buitelugvertoning

AfriForum Jeug se Middelburg-tak het op 21 Junie 2019 ’n buitelugvertoning aangebied. Bekendes soos Early B en Irene-Louise du Preez het tydens die vertoning opgetree, terwyl Tasha van die werklikheidsreeks Die Kontrak vir hulle geopen het.

“Dit is nou skoolvakansie en dit is een van die redes waarom ons vir die jeug van Middelburg die geleentheid wou gee om bymekaar te kom. Hierdie buitelugvertoning het aan die jeug die geleentheid gegee om Afrikaanse kunstenaars in ’n veilige omgewing te ondersteun,” sê Dewalt Lindeque, voorsitter van AfriForum Jeug se Middelburg-tak.

AfriForum Jeug wil vir jong Afrikaners ’n veilige bymekaarkomplek word waar mense vrylik hul kultuur en Afrikaneridentiteit kan uitleef. Raak vandag nog by AfriForum se jeugstrukture betrokke en help sodoende om ’n verskil te maak: Stuur ’n e-pos na bernard.pieters@afriforum.co.za of SMS “Middelburg” na 32687 (R1).