AfriForum Jeug maak hande vuil om Margate se strand skoon te hou

Die jeugvleuel van AfriForum se Margate-tak het op 23 Februarie 2019 ’n skoonmaakaksie gehou.
Vrywilligers het douvoordag opgestaan om die strand in Margate skoon te maak en sakke vol rommel is verwyder. Na afloop hiervan het die jeug ook na inwoners van “Tent City”, ’n heenkome vir hawelose mense, uitgereik.

“Ons het einde 2018 met vier lede by ons jeugvleuel begin, maar ons is nou op die punt waar ons gemaklik 40 jongmense op ’n Saterdagoggend bymekaar kan kry om te kom help strand skoonmaak. Dié klein daad wat ons doen is ons poging om van Margate ’n beter plek te maak,” sê Wynand Kirchner, verteenwoordiger vir die jeugvleuel van AfriForum se Margate-tak.

Raak vandag nog by dié tak se jeug betrokke en help om ’n verskil te maak: Stuur ’n e-pos na bernard.pieters@afriforum.co.za of SMS “Margate” na 32687 (R1).