AfriForum Jeug in Kuruman verf parkeerarea by polisiestasie

AfriForum Jeug in Kuruman het op Saterdag, 8 September 2018 die parkeerarea van die plaaslike polisiestasie geverf. Dit kom nadat die polisiestasie AfriForum genader het vir hulp hiermee. Die polisie het hulle dank teenoor die AfriForum Jeug-lede uitgespreek.

“Die personeel van Kuruman se polisiediens was baie dankbaar teenoor AfriForum se Jeug-span. Ons wil graag ʼn beroep doen op al die jeug van die dorp om betrokke te raak by ons aksies,” sê Gerald Tonsing, AfriForum in Kuruman se jeugvoorsitter.