AfriForum Jeug in Kempton Park loods uilhuisprojek

Written by AfriForum Jeug

On 08/10/2019

AfriForum Jeug se Kempton Park-tak het op 8 Maart 2019 as deel van die jeugorganisasie se 2019-projekte ’n volhoubare uilhuisprojek van stapel gestuur. Dít volg nadat die jeug die behoefte aan uilhuisies geïdentifiseer het aangesien Kempton Park ’n groot aantal uile huisves wat op die lys van bedreigde spesies verskyn.

Die projek word in samewerking met Owl Rescue Centre gedryf en AfriForum Jeug het die eerste twee huisies op die hoek van Soutpansberg- en Pretoriusstraat in Kempton Park opgerig. Hierdie huisies is sowel esteties as omgewingsvriendelik en word elk uit nagenoeg 900 plastiekbottels vervaardig.

“Die uilhuisies word uit herwinbare materiaal gemaak wat die gemeenskap aan ons skenk. Groot bome is ideaal om die gevlekte ooruil te huisves, terwyl die bekende nonnetjiesuil kleiner bome verkies. Dit is belangrik dat die huisies ten minste 100 m uitmekaar geplaas word, aangesien uile baie territoriaal is. Ons wil die gemeenskap versoek om nie rotgif naby die huisies te plaas nie omdat dit die uile direk affekteer,” sê Jan Tsoka, woordvoerder vir die Owl Rescue Centre.
“Hierdie is ’n uitstekende inisiatief om by betrokke te raak, juis omdat uile ’n bedreigde spesie is en hulle maklik in Kempton Park aard. Dit is slegs die begin van AfriForum Jeug se projekte vir 2019 en ons is baie opgewonde oor die groeipotensiaal daarvan. Ons wil die gemeenskap, maar veral die jeug, aanmoedig om by AfriForum aan te sluit en by soortgelyke projekte betrokke te raak,” sê René Reichel, voorsitter van AfriForum Jeug se Kempton Park-tak.

Dra by tot ’n skoner en veiliger dorp: SMS “Jeug” na 45342 (R1) of stuur ’n e-pos na afriforum.kemp@gmail.com.

Jy sal ook dalk hiervan hou…

AfriForum Jeug maak ’n verskil in Nelspruit

Die jeugvleuel van AfriForum se Nelspruit-tak het op 23 Februarie 2019 ’n skoonmaakaksie geloods toe dié vleuel met die eerste van ’n reeks opgraderings by Pro Gratia-skool begin het. Die jeugvleuel beplan om op 9 Maart 2019 verdere werk by die skool te verrig. Indien...

AfriForum Jeug maak hande vuil om Margate se strand skoon te hou

Die jeugvleuel van AfriForum se Margate-tak het op 23 Februarie 2019 ’n skoonmaakaksie gehou. Vrywilligers het douvoordag opgestaan om die strand in Margate skoon te maak en sakke vol rommel is verwyder. Na afloop hiervan het die jeug ook na inwoners van “Tent City”,...

AfriForum Jeug maak ’n verskil in Bloemfontein-dierelewens

Die verskillende jeugvleuels van die verskeie AfriForum-takke in Bloemfontein het in Februarie saam met AfriForum Jeug se Kovsies-tak opknappingswerk by die Bloemfonteinse Dierebeskermings­vereniging (DBV) gaan verrig. Die jeug het help skoonmaak en verf waar nodig en...

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!