wim-de-villiers

AfriForum Jeug eis optrede teen prof. Wim de Villiers

AfriForum Jeug het ’n klag teen prof. Wim de Villiers, rektor van die Universiteit van Stellenbosch (US), ingedien weens sy onvermoë om dié universiteit se reëls na te kom.

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het op 11 Maart 2016 bevind dat die US doelbewus en wetend onregmatig van die goedgekeurde taalbeleid afgewyk het.

“AfriForum Jeug is van mening dat De Villiers se optrede onaanvaarbaar is en die universiteit se goeie naam in gedrang bring,” het Bernard Pieters, AfriForum Jeug se Maties-koördineerder, gesê.

Sy optrede blyk ook nie in goedertrou te wees nie. AfriForum Jeug het vrae rondom die ondernemings wat hy vroeër tydens die konvokasievergadering gemaak het en wag ook op die bevindinge van ’n ondersoek na die omstrede persgesig-voorval.

AfriForum Jeug wil met dié klag hê dat De Villiers se optrede ondersoek moet word en dat die nodige stappe teen hom gedoen moet word. Dit hou verband met sy pligsversuim om die US se goedgekeurde taalbeleid toe te pas.