AfriForum Jeug besoek inwoners van Geluksoord

AfriForum Jeug se Maties-tak het op 2 Mei 2019 besluit om aan die gemeenskap terug te gee deur die Geluksoord-tehuis vir verswakte bejaardes te besoek.

Die tehuis se finansiële posisie is nie die uitdaging nie, maar wel die menslike aspek. Die meeste van die pasiënte is ouer mense, maar daar is ook mense wat relatief jonk is wat op ’n vroeë ouderdom Alzheimer se siekte ontwikkel het. Daar word dikwels van hierdie groep vergeet en daarom het die tak besluit om hier besoek af te lê.

“Ons het nie gegaan om die tehuis te verbeter of te help restoureer soos AfriForum Jeug gewoonlik doen nie, maar eerder om met die mense te sit en gesels. Baie van die mense se kinders is nie naby nie en kan hulle nie gereeld besoek nie. Dit was ’n besonderse ondervinding om op dié manier terug te gee aan die gemeenskap,” sê Jenise Janse van Rensburg, AfriForum Jeug se Maties-takvoorsitter.

Raak vandag nog by dié tak betrokke en help om ’n verskil te maak: Stuur ’n e-pos na bernard.pieters@afriforum.co.za of SMS “Maties” na 32687 (R1).