AfriForum Jeug bedrywig in Potchefstroom

Die AfriForum Jeug-tak aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus het verlede week drie afsonderlike aksies op dié kampus suksesvol voltooi.

Volgens Ohann Fourie, AfriForum se kampuskoördineerder by dié universiteit, het dié organisasie oor die afgelope week selfverdedigingsklasse vir damesstudente aangebied in samewerking met onderskeidelik die Puk en Tuks se Cantus-gilde en die kultuurbeweging Voortrekkers. Hierbenewens het die tak die jaarlikse Cantus-fees gevier en ook 30 bome in Potchefstroomse parke as deel van AfriForum se boomplantmaand geplant.

“AfriForum Jeug maak ʼn daadwerklik verskil op kampus en maak bydraes ten opsigte van die veiligheid en kultuurlewe van studente, asook omgewingsbewaring,” sê Chané de Ru, voorsitter van die AfriForum Jeug se Pukke-tak.