AfriForum-dra-kis-op-kampus

AfriForum Jeug: Afrikaans sal bly voortbestaan

AfriForum Jeug Tuks het vandag ʼn doodskis op die kampus van die Universiteit van Pretoria (UP) gedra en daarna ʼn fakkel aangesteek as simboliese gebaar om te wys dat hoewel die bestuur probeer om Afrikaans aan dié universiteit uit te wis, dit steeds sal voortleef in die harte van studente.

Volgens Marthinus Jacobs, voorsitter van AfriForum Jeug Tuks, sal Afrikaans nooit op kampus uitsterf nie en deur die studente bly voortleef.

“UP het sy rug op Afrikaans en Afrikaanssprekendes gedraai deur ʼn kortsigtige besluit te neem om ʼn klein groep radikales tegemoet te kom. Dit is verder ook ʼn bewys dat die universiteit nie aan die ontwikkeling van ander inheemse tale en moedertaalonderrig toegewyd is nie,” sê Henrico Barnard, AfriForum Jeug Tuks se woordvoerder.