Bevorder Afrikaans

Bevorder Afrikaans:

‘n Klagtekanaal vir studente se taalklagtes:

Studente kan hul stem laat hoor oor probleme wat met taal verband hou. Dit gebeur dikwels dat studente vir Afrikaanse lesings betaal, net om te ontdek dat lesings eksklusief in Engels aangebied word. AfriForum Jeug moedig Afrikaanse studente aan om  inligting hieroor aan ons deur te gee sodat dit aangespreek kan word.

Aksies wat al gedryf is vir die beskerming van Afrikaans:

  • Tree teen UNISA op nadat dit aan die lig gekom het dat UNISA nie Afrikaanse vraestelle beskikbaar gestel het aan Afrikaanse studente nie.
  • Vegader met raad van Hoër Onderwys om rasseklassifikasie te bespreek.
  • Omvattende verslag oor moedertaalonderrig bekendgestel;
  • Petisiemuur by Tukkies aangebring wat eis dat studentegetalle van Afrikaanssprekendes nie verder afneem nie;
  • Voorlegging aan die minister van hoër onderwys gedoen oor die voordele van moedertaalonderrig;
  • Veg vir behoud van Afrikaanse enkelmediumskole;
  • Voortdurende suksesvolle hantering van taalklagtes op universiteitskampusse;
  • Jeugkonferensies oor moedertaalonderrig gehou;
  • Studentekonferensie op Tukkies oor voordele van moedertaalonderrig gehou;
  • Stille protes vir moedertaalonderrig by die departement van hoër onderwys;
  • Protespiekniek vir Afrikaans op Tukkies;
  • ‘Hardloop vir Afrikaans’-geleenthede op universiteitskampusse.