20130527-landboukollege-rotated

Potchefstroom Landboukollege ontoeganklik

Na herhaalde futiele pogings deur AfriForum Jeug om kontak te maak met die Potchefstroom Landboukollege se bestuur moes AfriForum Jeug noodgedwonge ’n brief aan die kollege se bestuur rig waarmee hulle ’n ultimatum aan die kollege stel. AfriForum Jeug eis dat die kollege ’n persoon moet benoem wat saam met hulle gaan werk en werklik die probleme en klagtes wil oplos. Die kollege het 5 dae om te reageer.

“AfriForum Jeug het die kollege telkemale probeer skakel, maar niemand antwoord nie, of indien iemand antwoord, weier die persoon om enige kontakbesonderhede van enige bestuurslid aan ons te gee,” sê Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug.

AfriForum Jeug het inligting van die kollege aangevra wat onder meer hul finansiële state insluit. Die inligting was egter van so ’n swak aard dat AfriForum Jeug se regspan opdrag gekry het om verdere stappe te oorweeg.

“Indien dit ook die ‘standaard’ van die kollege se finansiële sake is, is dit verstaanbaar dat die kollege so swaarkry”, het Maree gesê.

  • AfriForum Jeug het talle klagtes van studente ontvang, wat die volgende insluit:
  • Swak instandhouding van die koshuise en kollege as ʼn geheel.
  • Vee wat “verdwyn” en die implemente en trekkers wat stilstaan.
  • Afskaffing van gesonde tradisies.

Die onderdrukking van Afrikaans as onderrigmedium, die rassistiese houding vanaf bestuur teenoor AfriForum Jeug en sy jeuglede op kampus.

Kliek hier om die brief te lees.