Facebook

Maties SR-verkiesing

Facebook

Waarom moet ek my kruisie trek tydens die studenteraadverkiesing?
ʼn Bevoegde studenteraad (SR):

 

  1. Kommunikeer met studente en is bewus van die jongste verwikkelinge;
  2. Spreek klagtes aan wat van studente ontvang word;
  3. Vermy politieke paaiery en doen wat werklik in belang van studente is;
  4. Verhoed dat ʼn klein groepie anargiste namens alle studente praat;
  5. Neem studente se menings in ag tydens besluitneming en steun nie slegs op hul eie opinie nie;
  6. Laat hulle nie deur die bestuur voorskryf nie;
  7. Probeer om studente gelukkig te hou, nie die bestuur nie;
  8. Praat namens jou by die raad en senaat;
  9. Huiwer nie om die howe te nader ten einde studente se regte te beskerm nie.

Stem vir ʼn studenteraad (SR) indien jy keelvol is vir:

 

  1. Geweld op kampus;
  2. ʼn Klein groepie anargiste wat kwansuis namens jou praat;
  3. ʼn SR wat nie na studente luister nie;
  4. ʼn SR wat niks rondom studente se klagtes doen nie;
  5. ʼn SR wat besluite neem sonder om studente se menings in ag te neem;
  6. ʼn SR wat slegs probeer om politieke partye gelukkig te hou;
  7. ʼn SR wat meer daarin belangstel om die bestuur gelukkig te hou as studente;
  8. ʼn SR wat nie namens studente optree nie, maar hulle deur die bestuur laat voorskryf;
  9. ʼn SR wat te bang en geïsoleerd is om die howe te nader indien dit nodig sou wees;
  10. ʼn SR wat swig voor intimidasie.

Jongste nuus rakende die SR-verkiesing:

 

AfriForum Jeug ondersteun die volgende kandidate: