Petisie vir die behoud van die Koshuis van die Jaar titel

Geagte vriende, Alumni en Tukkie-ouers

Die Ienkkonsert, koshuisdigbundels, jool-blikskud, klubhuistye, klubhuis-bands, pot&pons, koshuis-raids, pre-Lentedag en eerstejaarspetspeletjies dit is slegs ’n kort lys van aktiwiteite wat onlangs deur die Universiteit van Pretoria (UP) ingeperk of selfs tot niet verklaar is.

Die UP is tans op verskeie vlakke besig om studentelewe en -tradisies te vernietig en veral koshuise is onder druk. Koshuisstrukture word verwyder, terwyl tradisionele aktiwiteite jaar na jaar afgestel word. Een voorbeeld hiervan is eerstejaar-ontheffingsdatums, wat oorspronklik in September 2006 plaasgevind het, in 2008 na 30 Julie geskuif is en in 2011 na 6 Mei. Die UP wil in werklikheid koshuise in woonstelblokke verander.

Die vraag wat ons ons moet afvra, is hoe gaan dit in 2013, 2014 of 2015 lyk, en wat kan ons daaraan doen? Dit lyk asof die UP beoog om studentelewe op Tuks finaal uit te wis. Die UP wil selfs die Koshuis van die Jaar-toekenning wegneem. Hierdie titel word toegeken aan die koshuis wat die beste presteer op akademiese- en sportgebied asook eksterne en interne kultuur en Jool. Dít is een van die sterkste dryfkragte agter elke koshuis se deelname aan studentetradisies. Om die Koshuis van die jaar-toekenning weg te neem, is ’n doodskoot vir studentetradisies op Tuks.

Studente poog al vir jare om die universiteit te oortuig van die waarde van studentetradisies, maar ons pleidooie val op dowe ore. Daarom rig ons nou ’n versoek aan alle Tuks-alumnii en al die ouers wat kinders op Tuks het om hulle stem te verhef en van die UP-bestuur te eis om onmiddellik die aftakeling van studentetradisies te stop asook om die Koshuis van die Jaar- titel te behou.

Deur jou besonderhede hier in te vul en die “stuur”-knoppie te druk, wys jy saam met duisende bekommerde alumni en ouers jou steun vir die behoud van ’n gesonde studentelewe op Tuks en so ook die behoud van die Koshuis van die Jaar titel. Alle petisievorms word gestuur na jeug@afriforum.co.za, wat dit dan per hand aan die univeristeitsbestuur oorhandig sal word.

Koshuis van die jaar petisie
  1. (verplig)
  2. (verplig)
  3. (verplig)
  4. (Bestaande E-pos benodig)
 

cforms contact form by delicious:days