MY KOSHUIS. MY TROTS.

AfriForum Jeug is gekant teen die Universiteit van Pretoria (UP) se besluit om die koshuisname en gangname van sekere koshuise weg te vat. Ons as AfriForum Jeug sê nee. Die koshuisname en gangname is deel van die geskiedenis van geboue waarin duisende studente al gewoon en geleef het. Hierdie name dra herinneringe en betekenis vir te veel studente en oud-studente; dit mag nie eenvoudig weggeneem word nie. UP-studente se stemme moet gehoor word! Ons opinies maak saak!

Gee ons jou mandaat om met die bestuur van die Universiteit van Pretoria asook die SR te vergader.

Hiermee voeg jy jou stem tot ons petisie vir die behoud van koshuisname en gangname by die betrokke koshuise van die UP-kampus.

Onderteken hierdie petisie en gee jou steun vir hierdie veldtog om koshuisname en gangname vir ons nageslag te behou.