IMG-20150223-WA0001-e1424869965545

AfriForum Jeug vier internasionale moedertaaldag

AfriForum Jeug gaan teen 17:00 vanmiddag die laaste woord in hul 48-uur-leesmarathon lees. Dié jeugorganisasie het Donderdag om 17:00 met ʼn leesmarathon in Afrikaans begin ter viering van internasionale moedertaaldag.

“Dit is vir ons ’n groot voorreg om internasionale moedertaaldag in ons eie taal te vier. Mense neem te maklik aan dat jou taal sal voortbestaan, maar vir ʼn taal om te floreer, moet hy gepraat, gelees en geleef word. Mense moet saamwerk om ’n taal te bevorder en te beskerm,” het Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug gesê. 

“Die behoud van Afrikaans as taal en as onderrigmedium is vir ons van kardinale belang en daarom sal AfriForum Jeug aanhou om aksies te dryf ter bevordering van ons mooi taal.” 

AfriForum Jeug het feesgangers aangemoedig om Afrikaanse boeke te skenk wat aan skole, wat dit regtig nodig het, oorhandig sal word.

“Ons lees ons kele droog, maar dit is so bevredigend om te sien hoeveel feesgangers by ons boekwurm-stalletjie stop om te gesels. Die boekskenkings is wonderlik. Ons het al sowat 100 boeke gekry waarmee ons baie kinders sal kan bemagtig.” 

 

IMG-20150220-WA0039

IMG-20150221-WA0009