ZA-Elsenburg-Agricultural-Training-Institute

AfriForum Jeug eis onmiddellike optrede van Elsenburg-bestuur

AfriForum Jeug het vandag verneem dat ʼn groep studente weereens onwettig op Elsenburg Landboukollege se kampus betoog het. Klasse is ontwrig en studente is hul reg tot onderrig ontneem. Die hoofgebou van die kollege is bestorm en studente en personeel is deur die betogers gedreig. AfriForum Jeug het ʼn finale skrywe met eise aan die kollege se bestuur gestuur.

“Die kollege se versuim om teen die handvol onwettige betogers op te tree, is uiters kommerwekkend. Ons is in besit van foto’s en videomateriaal waarin die oortreders duidelik identifiseerbaar is. Indien die bestuur nou versuim om op te tree, sal ons onsself na die howe wend,” het Henk Maree, AfriForum Jeug se nasionale voorsitter, gesê.

Die bestuur van Elsenburg Landboukollege het tot en met Maandag, 17 Augustus om aan AfriForum Jeug se eise te voldoen. Die eise is soos volg:

  1. Die studente wat hulself skuldig maak aan onwettige optogte, dissiplinêr aangekla en verhoor moet word.
  2. Die leier van die betogende studente, Sabelwesihle Ngcobo, onmiddellik verhoor en vanaf Elsenburg Landboukollege geskors word.
  3. Enige onwettige betogende student wat lid van die Studenteraad (SR) is, moet onmiddellik van die SR geskors word hangende ʼn dissiplinêre verhoor.

“Ons sal nie staan en toekyk hoe ʼn klein groepie radikales die agenda by die kollege bepaal nie,” het Maree bygevoeg.

Videomateriaal van die betoging kan HIER gekyk word.