Borg

AfriForum Jeug borg twee woorde op Wêreld Woordeboekdag

AfriForum Jeug het vandag, wat Wêreld Woordeboekdag is, die woorde “tradisie” en “aktivisme” geborg in die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se borg-ʼn-woord-projek.

“Ons het besluit om ’n bydrae te maak deur simbolies die betekenis van ‘tradisie’ te beskerm en ‘aktivisme’ onder jongmense uit te bou,” het Eduan Dupper, woordvoerder van AfriForum Jeug, gesê.

AfriForum Jeug is van mening dat die gebeure die afgelope jaar groter druk op Afrikaans as onderrigmedium by universiteite plaas. Bekende tradisies soos Pot en Pons by Tukkies, Intervarsity en Vishuis se Tiekie by Kovsies is almal hierdie jaar verwyder en daar is talle ander tradisies wat onder skoot is.

“Om dié twee woorde onder AfriForum Jeug se naam te borg is betekenisvol omdat ons elke dag sien hoe gesonde tradisies by universiteite onder skoot kom en omdat ons ook die jeug wil aanmoedig om ‘n aktiewe rol te speel in die beskerming van hulle regte,” het Dupper afgesluit.

Microsoft Word - Sertifikaat-kleur.doc