AfriForum se kilometer-petisie teen Geheimhoudingswet vir staatspresident

Nzimande oorweeg sentralisering van universiteitsaansoeke

Mediaverklaring: 12 Januarie 2012

AfriForum Jeug het gesê dat dr Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys, te veel vertroue het in sy departement se administratiewe vermoëns, ná sy aankondiging vandag dat aansoeke om toelating tot universiteite moontlik vanaf Januarie 2013 in sy departement gesentraliseer gaan word.

Lees meer…

AfriForum Jeug hou kranslegging vir slagoffers van ANC-terreuraanvalle

Mediaverklaring: 8 Januarie 2012

AfriForum Jeug het vandag  ‘n kransleggingseremonie in Pretoria gehou ter nagedagtenis aan die mense wat in die ANC se terreuraanvalle op burgerlikes gedurende die tagtigerjare gesterf het. Die seremonie het saamgeval met die ANC se eeufees en is gehou op die presiese plek waar die ANC die sogenaamde Kerkstraatbom op 20 Mei 1983 laat ontplof het. Die oorgrote meerderheid van die slagoffers was burgerlikes. 19 mense het gesterf en 114 is beseer. 

Lees meer…

Nie jou matriek uitslae gekry nie?

Indien jy nie jou matriekuitslae op 5 Januarie 2012 ontvang het nie, wil AfriForum Jeug jou graag bystaan en seker maak jy kry jou uitslae so gou moontlik. Kliek hier om jou besonderhede aan ons deur te stuur.

Lees meer…

Onderstepoort: Ouers briesend oor verdoeseling in keuring

Mediaverklaring: 23 Desember 2011

Ouers en leerlinge is woedend oor die wyse waarop die Universiteit van Pretoria (UP) agter benewelde toelatingsprosesse in die Fakulteit van Veeartsenykunde skuil en voortdurend verskonings soek om wit leerlinge uit dié fakulteit te hou.

AfriForum Jeug het die afgelope maand versoek dat die UP kragtens die Wet op Toegang van Inligting (Wet 2 van 2000) die akademiese prestasie van suksesvolle fakulteit-aansoekers bekend moet maak asook die redes waarom topleerlinge weggewys word. AfriForum Jeug verteenwoordig reeds 30 leerlinge met tesame sowat 190 onderskeidings wat toelating ontsê is weens “swak akademiese prestasie”.

Lees meer…

Tukkies sloer met hofstukke

Mediaverklaring: 1 Desember 2011

AfriForum Jeug se dringende hofaansoek teen die Universiteit van Pretoria (UP) aangaande die bekendmaking van die studenteparlementsverkiesing se uitslae en die tersydestelling van hulle besluit om ʼn herverkiesing te hou, sloer tans nadat die UP hul hofstukke ʼn week te laat ingedien het, het AfriForum Jeug vandag gesê. 

Lees meer…

AfriForum Jeug neem besluit om tak op US te stig

Mediaverklaring: 23 November 2011

AfriForum Jeug het vandag op ʼn uitvoerende bestuursvergadering besluit om so gou moontlik ʼn tak by die Universiteit van Stellenbosch (US) te stig. Dié besluit kom na talle mediaberigte oor die druk waaronder Afrikaans as onderrigtaal by die US verkeer.

“AfriForum Jeug het talle versoeke van US-studente gekry om ʼn tak by die universiteit te stig om by te dra tot die druk op die universiteitsowerhede om vir Afrikaans ʼn toekoms by die universiteit te verseker,” het Charl Oberholzer, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, gesê.

Lees meer…

AfriForum Jeug vra nasionale tesourie om NYDA te ondersoek vir finansiële wangedrag

Mediaverklaring: 22 November 2011

AfriForum het vandag ‘n versoek by die nasionale tesourie en die ouditeur-generaal (OG) van Suid-Afrika ingedien om ingevolge die Openbare Finansiële Bestuurswet vas te stel of die rekenpligtige beampte van die National Youth Development Agency (NYDA) aan finansiële wangedrag skuldig is.

“Individue in die NYDA kan nou persoonlik aanspreeklik gehou word vir belastingbetalers se geld wat vermors word,” het Charl Oberholzer, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, gesê.

Lees meer…